click image to view in the gallery
Die twede boek in die Padlangs met Koos reeks. Hierdie boek bied die leser 'n rustige leunstoel-toer deur die gebiede se agterpaaie te kies en die hoofroetes te vermy. Natuurliefhebbers en diegene wat graag reis, nuwe plekke ontdek en lief is vir die unieke skoonheid van hierdie deel van die wêreld sal van die boek hou.
Dit is gedeeltelik 'n reis-joernaal, 'n roete-gids, 'n vertelling van avonture en eskapades (veroorsaak deur Koos se onvoorspelbaarheid) en ook 'n fotografie koffietafelboek. Die skrywer deel hoofsaaklik indrukke en belewenisse van die plekke waardeur hulle impulsief en sonder vooraf beplanning die gebied verken het, maar die boek dien ook terselfdertyd as 'n informele toer-gids.
Die boek is 'n uitstekende keuse as geskenk. Dit it is foto-publikasie van hoogstaande gehalte teen 'n baie bekostigbare prys, en 'n kolskoot-keuse vir diegene plaaslik of van oorsee wat vir Suid Afrika lief is.
Also available in English, as Travels/Troubles With Koos